Posts

Showing posts from September, 2025

LIGland Episode 5

LIGland episode 5:   Die gesegde “stil bly is ook ‘n antwoord” het die laaste tyd nuwe betekenis vir ons. “ Mamma die maatjie sê lelike woorde van juffrou, dan loop ek maar net weg, want ek wil nie hê iemand moet dink dis ek wat dit sê nie”.  “Mamma ek weet sy jok, ek weet sy het nie OP swem gekry nie, maar sy vertel vir almal sy het.” Dan bly ek maar eerder net stil mamma, ek wil nie lelik wees nie.” “Mamma hoekom jok mense oor hulle punte? Ek weet hy het minder gekry, maar dan vertel hy vir almal ‘n jok storie. Ek bly maar eerder stil mamma ek wil nie lelik wees nie.”   Dis net van die stories wat ons deurwerk op die oomblik. En dis mos hoe ons ook ons kinders groot maak. Bly eerder net stil, loop eerder net weg, moenie terug praat nie, draai die ander wang….   Ek bevraagteken wel hierdie die laaste tyd, want  ons leer dit vir ons kinders, maar as ons as grootmense deur situasies gaan waar ons onwaarhede hoor of as ons in situasies is waar ons “aangespree...

LIGland Episode 4

Vir die laaste paar jaar stap ek ‘n pad met ouers oor grense vir hulle kinders. Ons almal ken dit mos maar as “boundaries”. Vir die wat meer wil weet kyk bietjie uit vir my “boundaries with love/ genade grense” werkswinkel. Hierdie was nog altyd baie na aan my hart. Kinders se dissipline, wat werk vir watter kind, wat werk nie. My kennis hieroor is nogal uitgebrei, want dis vir my lekker om navorsing te doen hieroor en ek dink 20 jaar in die onderwys dra ook seker by daartoe.   Die laaste week of so is dit egter volwassenes wat kom raad vra oor “boundaries” in hulle volwasse lewens. En ek besef net dat maak nie saak hoe oud ons is nie daai boundaries is nodig, dis noodsaaklik. Hierdie lessie het ek ook al ‘n paar keer geleer en gewoonlik ten koste van myself en my gesin. Dis so hartseer.    Ons is tog grootgemaak in  afrikaanse, Suid-Afrikaanse huise waar jy van kleins af geleer, en gedril word. Jy moet help as iemand vrae, as jy het om te gee, moet jy gee. Dis ...

LIGland Episode 3

LIGland, episode 3:     Ek lees onlangs ‘n interessante artikel oor ons onderwys sisteem op die oomblik en spesifiek hoe dokters en sielkundiges die angs in kinders beleef op die oomblik. Hoe hulle bevestig dat angs in kinders, nie tieners nie, kinders tans die hoogste is in die geskiedenis van die mensdom.   Jissie en hierdie werk aan my, ek dink daaroor, lees daaroor en probeer antwoorde kry op al die vrae, want hierdie ding werk aan my. Hoe op dees aarde is dit moontlik dat ‘n 8 jarige kind op anti-angs medikasie moet wees.  Wat kan dan SO erg wees?   Ek onthou dat my enigste bekommernis op 8 jarige ouderdom was om te kyk wie van ons maats kan die meeste nartjie skuiwe op een slag in hulle mond in prop. En die wenner was dan soos heavy legit! Op 14 was die grootste angs om seker te maak dat jy betyds “record” druk op die tape speler, sodat jy die week se nuutste top 20 hits op Algoa FM kon opneem.    Wat het dan nou waar verander in die laaste ...

LIGland Episode 2

Episode 2:   Mammmmmaaa. “Daai aloe scrub van my is op, sal jy in die 60/60 mandjie sit”.  Ekskuustog Simon? “Mamma, my aloe scrub is op, sal jy ASSEBLIEF in die 60/60 mandjie sit”. “Als reg boeta, mamma sit in”.   In die verby stap in die kombuis kry ek vir Benn voor die yskas. Na ‘n paar sekondes se staar in die yskas hoor ek net. “ Hier is NIKS in die huis nie”. “ My genade seun, NIKS, is jy seker”. “Kyk in die hoekkas, daar waar al die lekkers gebêre word”, “ek het en daar is ook NIKS nie. “Ek sal nou kyk Benn, dan sal ek in die 60/60 mandjie sit.”   So gaan dit in die LIGland huis. Almal kort gereeld iets, almal is altyd lus vir iets lekker, seker maar my eie skuld want hulle soek altyd “huis kos”, niks moet uit ‘n blikkie of ‘n pakkie kom nie. “ Mamma, ek kort tippex, die pen een, nie die een wat jy so moet trek nie, as mamma bestel. Ekskuus Katryn, ASSEBLIEF mamma”. Regso sus, ek sit in die mandjie.   Ek help so rukkie terug by ‘n skooltjie in Helenvale. ...

LIGland Episode 1

Nuus vanuit die Landsberg huis,                                      So die laaste twee weke is redelik dol in ons huishouding. Dis sporttoere, pannekoek stalletjies, sportwedstryde, take, entrepeneursdae, wiskundeklasse, toetse en die beskuitbak is leeg en almal vra mamma wanneer bak jy weer beskuit.   Te midde van al die dinge moet mamma hospitaal toe  vir ‘n prosedure. Regtig Here, hierdie was nou nie op my “to do list” vir die maand van April nie. Alles gesê, dit moet  nou  gedoen word en agter die rug kry.   Die lewe gaan voort, kop af en dryf. Die take moet gedoen word, die wiskundeklasse moet bygewoon word en nog steeds is die beskuitblik leeg.   As daar nou een lessie is wat ek nooit sal vergeet nie is wat my ouma een keer vir my gesê het terwyl ons gestaan en suiker ...