LIGland Episode 5

LIGland episode 5:

 

Die gesegde “stil bly is ook ‘n antwoord” het die laaste tyd nuwe betekenis vir ons. “ Mamma die maatjie sê lelike woorde van juffrou, dan loop ek maar net weg, want ek wil nie hê iemand moet dink dis ek wat dit sê nie”. 

“Mamma ek weet sy jok, ek weet sy het nie OP swem gekry nie, maar sy vertel vir almal sy het.” Dan bly ek maar eerder net stil mamma, ek wil nie lelik wees nie.”

“Mamma hoekom jok mense oor hulle punte? Ek weet hy het minder gekry, maar dan vertel hy vir almal ‘n jok storie. Ek bly maar eerder stil mamma ek wil nie lelik wees nie.”

 

Dis net van die stories wat ons deurwerk op die oomblik. En dis mos hoe ons ook ons kinders groot maak. Bly eerder net stil, loop eerder net weg, moenie terug praat nie, draai die ander wang….

 

Ek bevraagteken wel hierdie die laaste tyd, want  ons leer dit vir ons kinders, maar as ons as grootmense deur situasies gaan waar ons onwaarhede hoor of as ons in situasies is waar ons “aangespreek” word oor iets is die eerste reaksie mos dadelik, wat kan ek nou terug sê? En die maklikste is om ‘n Whatsapp te stuur, want aanlyn is die moed baie sterker, kom die woorde baie makliker en sal ek jou goed vertel waar Dawid eintlik die wortels begrawe het. 

 

Ek dink terug aan jaaaare gelede toe daar nog nie eers iets was soos fone, dan moes jy maar in jou kwaad ‘n brief skryf en oor 3 maande sal die ander een die stukkie van jou gedagtes kry. Lankal vergete waaroor jy nou eintlik kwaad was. 

 

Ek doen so bietjie navorsing oor “stil bly is ook ‘n antwoord” en daar is soveel wyshede wat ek leer. Bêre jou woorde vir die mense wat jou graag wil verstaan; stilte werk beter vir die res.

 

Hierdie les leer ek ook vir my kinders, as iemand iets sê of as iemand jou boodskap, moet asseblief nie dadelik antwoord nie. Dink mooi, maak seker vóór jy praat, want as woorde gesê is, is dit gesê… veraltyd. 

 

Dis so fyn lyn, want ons wil tog ook hê dat hulle moet kan opstaan vir wat reg is. Ons wil hê hulle moet die selfvertroue hê om te sê, “nee dis nie mooi om dit te sê nie”, en terselfdetyd wil ons hulle leer om ander te respekteer. Ek lees so mooi stukkie…. “normalize walking away in silence”…

Not every battle needs a response, especially with someone who’s too prideful to admit their faults and is quick to flip the blame on you. Sometimes the quiet cut-off is the healthiest choice – it protects your peace, saves you from endless arguments, and keeps you from toxic cycles. Protect your energy even if it means saying nothing at all.

 

En dit maak soveel sin. In elke situasie evalueer eers. Is my reaksie hierop regtig nodig? Is my vrede belangriker as om die laaste woord in te kry?

 

En ja soms wil ek vir my kinders leer om op te staan vir hulleself, om hulle sê te sê , om standpunt in te neem. Dan besef ek net weer soms is stil bly die beste antwoord. Bêre jou woorde vir mense wat jou wil verstaan, stilte werk beter vir die res.

Comments

Popular posts from this blog

LIGland Episode 1

LIGland Episode 4

LIGland Episode 2