LIGland Episode 1

Nuus vanuit die Landsberg huis,                                   

 

So die laaste twee weke is redelik dol in ons huishouding. Dis sporttoere, pannekoek stalletjies, sportwedstryde, take, entrepeneursdae, wiskundeklasse, toetse en die beskuitbak is leeg en almal vra mamma wanneer bak jy weer beskuit.

 

Te midde van al die dinge moet mamma hospitaal toe  vir ‘n prosedure. Regtig Here, hierdie was nou nie op my “to do list” vir die maand van April nie. Alles gesê, dit moet nou gedoen word en agter die rug kry.

 

Die lewe gaan voort, kop af en dryf. Die take moet gedoen word, die wiskundeklasse moet bygewoon word en nog steeds is die beskuitblik leeg.

 

As daar nou een lessie is wat ek nooit sal vergeet nie is wat my ouma een keer vir my gesê het terwyl ons gestaan en suiker koekies bak het. “Laan onthou altyd daar is net een goeie ding wat ons van die duiwel kan sê, hyt nie ‘n lui haar op sy kop nie”. En hierdie woorde het ek soveel keer in my lewe gebruik. 

 

Te midde van al die dinge van die laaste tyd het die duiwel besluit om my net weer te kom herinner dat hy wragties nie lui is nie. Ons beleef ‘n week van soveel uitdagings ten opsigte van sportspanne en wedstryde en gebreekte harte, want mamma ek wil net so graag in die span speel, mamma ek wil so graag 90% hê vir daai toets. Ek en pappa vee net trane af, gesels net oor gebreekte harte en probeer net al die stukke optel….. maar hoe hanteer mens volwasse probleme met ‘n kind.

Hoe hanteer mens lewenslesse wat ek nog nie eers verstaan nie, met ‘n kind wat eintlik net die nou sien.

 

Woensdagaand hou ons huisvergadering, met tee, maar sonder beskuit. Kom ons sit gou bymekaar, kom ons raak gou rustig en kom ons “recap” net gou weer. 

 

In Covid tyd het ons ‘n amazing teaching van Francis Chan geluister waarin hy vertel van ons almal op ‘n treadmill, na nog meer, nog beter, nog groter en ons is almal daar op. Elke liewe een van ons. En wat doen Jesus, Hy kom sit daai treadmill af en dwing elkeen van ons tot absolute stilte. En nou,  5 jaar later is ons almal maar weereens op die treadmill en sommige dae is die “setting” op die heel vinngiste gestel, maar ons hardloop hoor, want dit is wat ons as mensdom die heel beste doen.

 

Landsberge kom ons gesels net gou weer. Wat is regtig belangrik, wat maak dan nou eintlik saak. Gaan jy op jou CV kan sit vir jou eerste werksaansoek, “Ek het in die A span gespeel in elke sport” , “Ek het 2 driee gedruk in my rugby wedstryd” , “ Ek het 100% gekry vir my toets in graad 9”. Nee nie een van hierdie dinge gaan enigsins ‘n verskil maak nie. Die persoon wat die onderhoud doen gaan wel kyk na dinge soos, hierdie persoon het deursettingsvermoë, hierdie persoon is trots op wat sy doen, hierdie ou se humorsin is amazing. En steeds is hierdie konsepte ver bo die vuurmaak plek van ‘n 10 jarige seuntjie wat eintlik net soos Pierre Spies wil wees. Dis moeilik vir ‘n tiener dogter wat eintlik net soos al die ander maats wil lyk in hulle A span klere, want dis wat nou belangrik is, dis moeilik vir ‘n tiener seun wat nou al moet dink aan vakkeuses en wat wil ek met my lewe doen. Dis nie maklik nie.

 

Ons maak nog ‘n koppie tee, steeds sonder beskuit, en ons gesels verder en Jesus kom herinner my weer aan die liedjie wat ek so paar jaar terug gehoor het. “Im just a nobody, trying to tell everybody, all about somebody that saved my soul.” We are living for the world to see noboby but Jesus.

Ons as die Landsberge, besluit die volgende. Maak nie saak waar, maak nie saak  in watter span, maak nie saak in watter klas, maak nie saak by watter top tien posisie nie, ons leef net Jesus. Ons leef Lig, ons leef Liefde. En dis steeds moeilik en dis steeds ‘n uitdaging om nie na die wêreld te luister nie, maar saam kan ons dit wees. Saam kan ons die LIG Landsbergers wees. 

 

Dankie duiwel dat jy nie lui is nie, anders word ons treadmill nooit afgesit nie en hardloop ons ook sonder ophou, na niks nie. Dankie Jesus vir oneindige genade elke liewe dag. Dankie dat ons elke dag kan leer, en nee dit is nie maklik nie. Die LIG Landsberge se harte is weer vol tot die volgende uitdagings kom, dan sit ons weer die treadmill af en raak gou weer stil.

Tot dan drink ons saam tee, met beskuit want die blikke is ook weer vol.

 

 

Comments

Popular posts from this blog

LIGland Episode 4

LIGland Episode 2