LIGland Episode 4

Vir die laaste paar jaar stap ek ‘n pad met ouers oor grense vir hulle kinders. Ons almal ken dit mos maar as “boundaries”. Vir die wat meer wil weet kyk bietjie uit vir my “boundaries with love/ genade grense” werkswinkel. Hierdie was nog altyd baie na aan my hart. Kinders se dissipline, wat werk vir watter kind, wat werk nie. My kennis hieroor is nogal uitgebrei, want dis vir my lekker om navorsing te doen hieroor en ek dink 20 jaar in die onderwys dra ook seker by daartoe.

 

Die laaste week of so is dit egter volwassenes wat kom raad vra oor “boundaries” in hulle volwasse lewens. En ek besef net dat maak nie saak hoe oud ons is nie daai boundaries is nodig, dis noodsaaklik. Hierdie lessie het ek ook al ‘n paar keer geleer en gewoonlik ten koste van myself en my gesin. Dis so hartseer. 

 

Ons is tog grootgemaak in  afrikaanse, Suid-Afrikaanse huise waar jy van kleins af geleer, en gedril word. Jy moet help as iemand vrae, as jy het om te gee, moet jy gee. Dis mos wat Jesus ook gedoen het. 

 

Ek dink wel hier het die grense baie “blurry” geraak. Dis so maklik om nou net deesdae by ‘n verkeerslig te staan met ‘n bord “martiekafskeid fonds”. Met die vertroue dat mense maar sal gee. Ons ry verby so kanidaat verlede week en my 10 jarige Benn sê, mamma hy kan mos in die Spur gaan werk, of daai briefies uitdeel waarvoor die mense betaal word. As ‘n 10jarige  dit dan nou al kan verstaan dan is daai kind met sy matriekafskeid bord mos nie die probleem nie. Dan moet ouers ook kan rekenskap gee. 

 

Waar trek mens die lyn, hoeveel gee jy van jouself voordat genoeg, genoeg is, want hierdie lyn is in vandag se samelewing heeltemal afwesig. Die hartseer is as jy dan ewe skielik begin “nee” sê is jy nie een met die “issues”. En ja vir ons as “people pleasers” is dit nog moeiliker.  Jesus ek sukkel hiermee, want ek wil jou koningryk werk doen, ek wil help as daar nood is, maar wanneer is genoeg, genoeg. 

 

Ek gesels met ‘n vriendin wat deur ‘n “boundary krisis” gaan met ‘n familielid en ek sê vir haar,  jy is tans besig om daai manipulasie “te voer” hoe meer jy van jouself en jou gesin gee hoe meer gaan dit verwag word. Nee jy hoef nie elke middag saam tee te drink nie, jy mag maar besig wees met jou eie kinders. Nee jy hoef nie elke naweek saam met haar te braai nie, jy mag as gesin alleen braai. En dis asof ‘n hele nuwe wêreld oopgaan. Dis OK om soms net nee te sê. 

 

Ons het tans proef studente by die skool, nadat ek die een moet aanspreek omdat sy ‘n juffrou 22:00 in die aand boodskap is ek nou die “kwaai skoolhoof”, nee my kind in die regte lewe boodskap jy nie eers mense na 19:00 nie, dis wat ons geleer was. Waar is die “boundary” dan… afwesig.

 

Ek help ‘n ou kollega om weer ‘n werkie by die skool te gee. Stuur kos en klere vir die kinders, help met vervoergeld, praat moed in, deel bybelverse net om dan op die sekuriteits kamera te sien hoe die kaste leeg gesteel word as ek nie daar is nie. Regtig Jesus, wat is dan nou die lessie wat ek moet leer? Want ek kan verstaan nie. Moet ek my eie grense bietjie duideliker maak?

 

Ek dink ons kan elkeen baie mooi gaan introspeksie doen. Wanneer is genoeg, genoeg en hoe stel ek daai “boundaries” in vir myself en my gesin. Ek glo elkeen wat my hart ken weet dat ek sal gee sonder ophou, ja baie keer ten koste van myself, maar ek leer elke dag so baie by my man wat my kom leer dat NEE ook ‘n vol sin is.

 

 

 

 

Comments

Popular posts from this blog

LIGland Episode 1

LIGland Episode 2