LIGland Episode 5
LIGland episode 5: Die gesegde “stil bly is ook ‘n antwoord” het die laaste tyd nuwe betekenis vir ons. “ Mamma die maatjie sê lelike woorde van juffrou, dan loop ek maar net weg, want ek wil nie hê iemand moet dink dis ek wat dit sê nie”. “Mamma ek weet sy jok, ek weet sy het nie OP swem gekry nie, maar sy vertel vir almal sy het.” Dan bly ek maar eerder net stil mamma, ek wil nie lelik wees nie.” “Mamma hoekom jok mense oor hulle punte? Ek weet hy het minder gekry, maar dan vertel hy vir almal ‘n jok storie. Ek bly maar eerder stil mamma ek wil nie lelik wees nie.” Dis net van die stories wat ons deurwerk op die oomblik. En dis mos hoe ons ook ons kinders groot maak. Bly eerder net stil, loop eerder net weg, moenie terug praat nie, draai die ander wang…. Ek bevraagteken wel hierdie die laaste tyd, want ons leer dit vir ons kinders, maar as ons as grootmense deur situasies gaan waar ons onwaarhede hoor of as ons in situasies is waar ons “aangespree...